Die naam “Rubies” is ‘n verwysing na die Ruby-steen (robyn).
Destyds in die geskiedenis was dit een van die edelgesteentes wat as koop- en/of ruilmiddel gebruik was weens die kosbaarheid en waarde daarvan.

“Wat sê die Bybel daaroor en wat is die konteks of verband waarin die naam RUBIES gebruik word?”

*Rubies se verbintenis aan die vrou word aan waarde (kosbaarheid), wysheid en karakter gekoppel.

Hier is een so ‘n vers:
“Who can find a virtuous woman? For her price is far above rubies” (KJV) Proverbs 31:10.

Ons Visie :
“Die vrou vir die vrou in die gemeente”

Ons Missie :
“Om alle dames ongeag ouderdom te betrek, die liefde van Jesus uit te dra en mekaar te ondersteun.”

Die Rubies betrek alle dames in die gemeente op beide geestelike en sosiale gebied.
Al die dames van die gemeente word genooi om die samekomste by te woon, waar vrouens met mekaar kan assosieer.

Alle dames, ongeag ouderdom, word vriendelik uitgenooi om betrokke te raak.

 

  

 

Kontak Persoon: Elna Ritten

E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.